Belangrike Administrasie Inligting:
- Skoolgelde is betaalbaar van Januarie tot Desember (12 kalender maande).
- Halfdag tye is vanaf 06:45 – 13:15
- Voldag tye is vanaf 06:45 – 17:15
- Pikkewouter is oop van Maandag tot Vrydag.
- Ons is oop dwarsdeur die jaar, ons sluit glad nie skool-vakansietye nie, behalwe Desember-maand.
- Ons is gesluit op publieke vakansiedae, Saterdae en Sondae.
- Alle rekeninge moet VOOR OF OP DIE 3de DAG van elke maand betaal word, anders sal toegang van U kind geweier word.
- Skoolfondse word vooruit betaal.
- Indien U besluit om U kind weg te neem, verwag ons asb. ‘n kalendarmaand kennis. (Desember is egter nie ‘n maand kennis nie)