Uit die pen van ‘n mamma, juffrou en opvoeder..

Pikkewouter Kleuterland is ‘n spog “plaas”-skooltjie net buitekant Vryburg op die Schweizer Reneke Pad…Ons het in 2010 ons deure geopen, en tot dusver nog net gegroei en verbeter.

Met die lekker groot, veilige speel area, fantastiese onderwysers, goeie leerplan en lekker kos kan jy met ‘n geruste hart jou kleinding in ons bekwame hande los.

Pikkewouter Kleuterland is regdeur die jaar oop, en spesiale vakansieklassies word ook aangebied (vir maatjies van 4 maande tot gr 3).

Toegewyde personeel

Ons onderwysers en personeel het 'n passie en liefde vir kinders. Hul groei en ontwikkeling is vir ons van kardinale belang. Ons het 6 personeellede wat regtig omsien na jou en jou kleintjie se behoeftes.

Kindervriendelike Omgewing

Ons speelgrond is LEKKER groot met baie koelte bome, klimrame, sandputte en 'n skopfietsie-baan. Die baba klassie het hul eie speelgrond en aparate wat dus verseker dat die groot maatjies en die klein maatjies nie saam speel en mekaar dalk omstamp en seer maak nie.

Pikkewouter bied:

Ons bied 'n veilige, huislike, Christelike omgewing waar jou kind kan leer en speel in sy/haar taal. Ons wil verseker dat jou kind die beste ervaring ooit het...