Ouderdomme
Dis die A en die B en die grootte C….
Pikkewouter Kleuterland gebruik ‘n Kurrikulum wat deur die Departement van Onderwys goedgekeur is. Deur middel van speel, leer ons AL die vaardighede wat ons nodig het aan, om ons skoolgereedheid te bevorder.
…en die E en die F en die snaakse G
ONS ALMAL HOU VAN LEER!
Baba Klassie
3 maande - 2 Jaar
Hier begin AL die pret…
Hier leer ons om saam te speel en pret te hê. Ons leer die babas van omrol,, tot kruip tot loop…. Ons klassie beskik oor sensoriese speelgoed wat die kleintjies stimuleer deur middel van vat en voel.
Ons maatjies speel ook hier afsonderlik en ons beskik oor ‘n binne speel area vir die kleingoed.
Kleuterskool
3 Jaar - 6 Jaar (Graad R)
Mamma kyk, nou is ek al groot…
Hier gebruik ons ‘n Kurrikulum wat deur die Departement van Onderwys goedgekeur is. Ons begin al hier met boekie_werkies. Vanaf die babaklassie begin die kind se ontwikkeling en vordering,, maar hier gaan ons hulle leer om te teken, plak, skryf, skeur. Prettige temas word regdeur tot Graad RR aangebied. Deurentyd hou ons ouers op hoogte van hul kind se vordering en kry ons maatjies twee maal per jaar rapporte / vorderingsverlae. Teen die tyd wat hulle “Groot Skool” toe gaan, is hulle reg vir die nuwe uitdaging…